zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
01 June 2026
Monitor: Politieke partye wil immigrasiestelsel hersien
1 Junie 2026: Politieke partye in die parlement sê Suid-Afrika se immigrasiestelsel moet hersien word. 'n Raad van Linksgesinde Bewegings is amptelik gestig. Kiesers in Ethiopië trek hulle kruises te midde van voortslepende konflik.
49 min
29 May 2026
Monitor: Reserwebank verhoog rentekoerse vir eerste keer in drie jaar
29 Mei 2026: Die repokoers styg vir die eerste keer in drie jaar. Geweldsmisdaad neem af in die Wes-Kaap. 'n Mosie is ingedien vir die aanstelling van 'n onafhanklike paneel om die Nelson Mandelabaai-metro se voortslepende waterkrisis te ondersoek.
48 min
28 May 2026
Monitor: Johannesburgers gaan hoes vir dienste
28 Mei 2026: Skerp tariefstygings vir inwoners van Johannesburg. Die polisie in Kimberley stop klopjagte op sakeondernemings van buitelanders. 'n Seniorbevelvoerder van Oekraïne se verdedigingsmag sê Rusland is uitgeput - ons praat met 'n militêre kenner.
46 min
27 May 2026
Monitor: ESKOM en Johannesburg bereik ooreenkoms oor skuld
27 Mei 2026: Sommige politieke partye beskryf president Ramaphosa se hersieningsaansoek as vertragingstaktiek. Bykans 40% van die bevolking ontvang maatskaplike toelaes. ESKOM en Johannesburg bereik 'n ooreenkoms.
49 min
26 May 2026
Monitor: Betogers plunder buitelanders se winkels in Bloemfontein
26 Mei 2026: Honderde betogers plunder buitelanders se winkels in Rocklands buite Bloemfontein. 'n Oorwinning vir boere in die bek-en-klouseer-sage. Statistiek wys korrupsie in Suid-Afrika vier steeds hoogty.
48 min
25 May 2026
Monitor: Ghanese staan tou om gerepatrieer te word
25 Mei 2026: Burgers van Ghana staan tou om gerepatrieer te word na hulle geboorteland in Wes-Afrika. Die polisie gaan voort met hulle ondersoek na die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin. Koalisievennote sal ná die November-verkiesing 'n ooreenkoms moet onderteken om vir 'n bestendige regering te sorg.
50 min
22 May 2026
Monitor: Roelf Meyer optimisties oor taak wat vir hom in VSA voorlê
22 Mei 2026: Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Washington, Roelf Meyer, is optimisties oor die taak wat vir hom voorlê. Die EFF sê Suid-Afrika se karige verdedigingsbegroting is 'n doelbewuste aftakeling van die land se verdedigingsvermoë. Motoriste staan voor 'n krisis met die papier vir motorlisensieskywe, wat skynbaar opgeraak het.
49 min
21 May 2026
Monitor: Johannesburg wil nie-strategiese bates verkoop om skuld te delg
21 Mei 2026: Johannesburg wil ontslae raak van nie-strategiese bates om skuld te delg. Action SA eis antwoorde nadat die polisiediens twee lede van die presidensiële beskermingseenheid in die Phala Phala-sage vrygespreek het. Die stygende brandstofprys lei tot hoër inflasie in April. Nog ‘n gouemedalje vir Suid-Afrika op internasionale vlak, maar dit het niks met sport uit te waai nie.
50 min
20 May 2026
Monitor: Eskom dreig om Johannesburg se krag af te sny
20 Mei 2026: Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf versoek dringende rampverligting vir produsente wat deur die oorstromings in die Wes-Kaap geraak is. Eskom dreig om die kragtoevoer in Johannesburg te onderbreek weens agterstallige skuld, maar dit is nie die enigste munispaliteit in hierdie posisie nie. Iran sê hy het nog talle verrassings vir die VSA indien Amerika hom weer aanval.
49 min
19 May 2026
Monitor: Wes-Kaap vra regering om ramp te verklaar ná vloede
19 Mei 2026: Die Wes-Kaapse regering gaan die kabinet vra om 'n ramp te verklaar ná verlede week se oorstromings. Openbare skole in Gauteng met agterstalige munisipale skuld staar krag- en wateronderbrekings in die gesig. Nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, terwyl nog entstofdosisse in die land aankom.
49 min